4 UUR MINIMUM BETALING

4 UUR MINIMUM BETALING

Daar bestaan groot verwarring rondom die betaling van ‘n minimum van 4 ure, al word daar minder ure gewerk. Die bepaling geld vir enige dag van die week, dus ook Saterdae en Sondae, al is hierdie dae nie normale werksdae nie.

Indien vooraf kennis gegee word en mense meld nie aan vir werk nie; geld hierdie reeling egter nie. Maak net seker dat die beginsel van geen betaling vir geen werk in diensooreenkomste uitgespel word en dat jou werknemers dit verstaan.

Ons beveel egter aan dat permanente werknemers nie hierdeur gepenaliseer word nie, afgesien of dit nie wetlik so hoef gedoen te word nie. Indien opleiding of alternatiewe werk op bv reëndae nie moontlik is nie, betaal ten minste 4 uur.