NOSEY DREIG WEER MET STAKING
Indien die Regering nie op die herdenking van die âplaaswerker-revolusieâ by sy beloftes hou oor die transformasie vir plaaswerkers nie, sal weer gestaak word. Die âspertydâ is die herdenking van die gewelddadige stakings op 1 November 2012.
SĂł het mnr. Nosey Pieterse, voorsitter van Bawsi, aan Landbouweekblad gesĂȘ.
DiĂ© organisasie en die ANC het Sondag, 26 Oktober, ân massavergadering in De Doorns, waar die plaaswerkeropstande twee jaar gelede plaasgevind het, gehou.
Hoewel die minimum loon nĂĄ diĂ© stakings verhoog is en nou op R111,72 per dag vir ân werksdag van nege uur staan, word ân minimum loon van R150 per dag steeds gevra.
Luidens ân strooibiljet oor die vergadering wat Bawsi aan Landbouweekblad verskaf het, is groot oorwinnings behaal met die stakings. Werkers het 52% verhoging gekry en die organisering in vakbonde het met rasse skrede gegroei. âMaar boere doen alles in hulle vermoĂ« om hierdie oorwinnings wat met bloed, sweet en trane bekom was, te neutraliseer.
âEen van die dinge wat boere gedoen het, was om die krediet-doktersbrief wat aan plaaswerkers verskaf was, indien hulle ân dokter benodig het, af te skaf.â ân Dokterskonsultasie is R220 per besoek. ân Daghospitaal word nou ge-eis. Ander kwessies wat Sondag bespreek sou word, sluit in ân moratorium op uitsettings en geen aftrekkings vir huur- en vervoergeld nie.
Kom daar weer ân grootskaalse plaaswerkerstaking? Pieterse het gesĂȘ indien die Regering en boere op die middag van 1 November, wanneer die herdenking van die geweldadige plaaswerkerstakings plaasvind, nie hul beloftes nakom nie, sal weer gestaak word.
Die voormalige adj.pres. Kgalema Motlanthe en ander belanghebbende ministers het verlede jaar twee keer met boere en plaaswerkers in die provinsie vergader nĂĄ die gewelddadige plaaswerkerstakings.
Die voormalige Wes-Kaapse Minister van Landbou en Landelike Ontwikkeling, mnr. Gerrit van Rensburg, het later gesĂȘ die resultaat van die Regering se dialoogsessies in die Paarl en De Doorns was niks anders as âpure windâ nie. âDaar is geen planne, geen begrotings of selfs notas van die vergaderings nie. As die vergaderings nie plaasgevind het nie, sou niks anders gewees het nie.â
Die DA het ook strooibiljette in antwoord op dié van Bawsi en die ANC, uitgedeel.
Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse leier van die DA, het daarin uitgewys dat daar reeds beplan is om die kliniek in ân dagsentrum vir die gemeenskap te omskep. ân Nuwe ambulansstasie, waarvandaan nood-mediese dienste uitgestuur word, word ook gebou.
Hy het Pieterse gevra om by die belofte te hou wat hy by die Wes-Kaapse grondhervormingsberaad op 25 Junie gemaak het om die politiek op ys te plaas sodat saamgewerk kan word om ân beter lewe vir mense te bou.
âMet die oesseisoen om die draai, gaan die landbousektor baie werk skep en ook groei. Ek smeek jou om nie hierdie geleentheid op te mors deur weer politieke speletjies in ons plaasgebiede, soos in 2012, te speel nie,â het Meyer gesĂȘ.
* Lees die twee instansies se pamflette hieronder.
DA Open Letter
BAWUSA