NUWE VERGOEDINGSDREMPEL VIR WET OP BASIESE DIENSVOORWAARDES

Ons herinner werkgewers daaraan dat die vergoedingsdrempel waarvolgens bepaal word watter werkers buite die bestek van sleutelbepalings (Art 9, 10, 11, 125, 14, 15, 16, 17(2), 18(3)) van die wet op Basiese Diensvoorwaardes val, deur die Minister van Arbeid met ingang van 1 Julie 2014 verhoog is tot R205 433.30 per jaar (voorheen R193 805 pj).

Die gemelde bepalings raak hoofsaaklik werksure, reg op oortydbetaling, minimum rusperiodes, nagwerk, ens. “Senior bestuurders” (hulle wat die reg het om aan te stel en te ontslaan) wat meer as diè drempel verdien, is nie geregtig op oortydbetaling nie. Indien hulle egter oortydbetaling ontvang ingevolge ‘n kontraktuele ooreenkoms, beteken die verhoging in die drempel nie dat hulle nou nie meer geregtig is op oortydbetaling nie. Indien benodig moet sò ‘n bepaling her-onderhandel word.