SALARIS- EN LOONVERHOGINGS

Daar word verwag dat lone en salarisse in Suid Afrika gedurende 2014 met ongeveer 7% sal verhoog.

(Bron: Salary Trends survey deur ECA International)

Landbou se 7% verhoging in die minimum loon vanaf 1 Maart 2014 is dus nie net soos verlede jaar deur die Minister van Arbeid voorgestel nie, maar ook in lyn met ander sektore se verwagte verhogings.

Omdat dit hoër is as inflasie, sal werkgewers steeds alles in hulle vermoë moet doen om produktiwiteit te verhoog.

Opleiding bly ‘n belangrike hulpmiddel, maar wat baie belangrik is, en soms uit die oog verloor word, is bestuursvaardighede.

Die bestuur en benutting van arbeid is primêr bestuur se verantwoordelikheid.

Skenk dus in 2014 veral aandag aan u bestuurders se ontwikkeling.

Ons span kundiges help graag!

CFO asks CEO: “What happens if we invest in developing our people and then they leave us?”

CEO: “What happens if we don’t and then they stay?”