TOP-BOERE ‘OORWEEG 20%-GRONDVOORSTEL’
‘n Voorstel dat boere 20% van hul plase aan hul plaaswerkers oorhandig, het vandeesweek uit ‘n vergadering tussen Suid-Afrika se top- kommersiĆ«le boere op Stellenbosch gespruit.
Altesame 38 mega-boere en twee van Suid-Afrika se top-sakelui het vandeesweek met Prof. Mohammed Karaan, dekaan van die Fakulteit Agri-Wetenskappe van die Universiteit Stellenbosch, vergader om grondhervorming te bespreek.
Die vergadering het plaasgevind in die lig van die naderende sperdatum van April 2015 wat Gugile Nkwinti, Minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, gestel het vir voorstelle deur belanghebbendes vir grondhervorming.
Charl Senekal, suikerboer van KwaZulu-Natal en voorsitter van die vergadering, het by navraag verduidelik dat boere ingevolge die voorstel 20% van hul plase aan hul werkers sal afstaan in ruil vir ‘n staatslening (gelykstaande aan die grondwaarde) wat oor 40 jaar sal strek teen ‘n rentekoers van 2% of 3%.
āVir my verteenwoordig hierdie voorstel ‘n billike manier van grondhervorming. Ek het reeds sĆ³ n stuk grond aangekoop wat ek aan my werkers kan aanbied,ā het Senekal gesĆŖ.
Hy was ook deel van ‘n groep boere wat twee maande gelede met Gwede Mantashe, ANC-hoofsekretaris, vergader het. āHy het toe aan ons gesĆŖ dat boere elke plan vir grondhervorming afskiet en dat ons met voorstelle vorendag moet kom.ā
Volgens hom was dit hoog tyd vir die vergadering. āOns kan nie so tyd mors nie. Daar is mense daar buite met verwagtinge. Ons wou met die vergadering kyk hoe ons die proses aan die gang kan kry en grondhervorming kan help versnel.ā
Hy het dit beklemtoon dat die voorstel nog nie finaal is nie. āOns het besluit dat ons nĆ³g ‘n vergadering sal hou om oor die finale weergawe te besluit.
āEk praat nie namens al die mega-boere nie, maar ek weet hulle is meer as redelike mense. Dit kan dien as basis vir die voorstel wat ons in April na Minister Nkwinti gaan neem.
āEk het egter al myself begin voorberei daarop. Ek is reg daarvoor en ek dink daar gaan groot ondersteuning daarvoor wees,ā het Senekal gesĆŖ.
Deur Philda Essop Vrydag 05 Desember 2014 12:57 nm